home new products specials contact us
Book Search
 

Vlam in die Sneeu

Author: Galloway, Francis

Price: R350.00
 


 Categories

Shopping Cart
0 items in your cart
 

Book Details

Sakgids tot soogdiere van Suider-Afrika
Author: Burger Cillie
 
Sakgids tot Soogdiere van Suider-Afrika is 'n handleiding tot meer as honderd soogdierspesies van die groot katte tot muise en vlermuise. Elke inskrywing bevat 'n gedetailleerde beskrywing met: Duidelike, volkleurfoto's; inligting oor identifisering, subspesies, massa, hoogte, vokalisasie, ouderdom, habitat, gewoontes, kos, voortplanting en verskille tussen die geslagte. Besonderhede van ander spesies waarmee die soogdier verwar kan word. 'n Illustrasie van die tipiese spoor en die grootte daarvan. 'n Suider-Afrikaanse verspreidingskaart. Waar toepaslik, inligting oor die mees onlangse minimum en maksimum standaarde wat vir trofeejagters deur Safari Club International en Rowland Ward gestel word. Verder bevat die sakgids: 'n Plantegroeikaart en habitatsleutels wat noodsaaklike inligting oor verspreiding en voorkeurhabitat in 'n oogopslag bied. 'n Fotografiese afdeling oor die uitkenning van mis. 'n Geillustreerde afdeling oor spoor en spoorsny. Hierdie omvattende dog bondige handleiding, propvol waardevolle inligting en klein genoeg om in enige sak te pas, is 'n noodsaaklike metgesel vir elke natuurliefhebber.
 
Price: R 100.00
This website is designed by AfricWell Computing